Goed Vir Jou?
Omdat ek versot is op donker sjokolade het ek die vraag “Is donker sjokokade goed vir jou?” ge-Google. ’n Verskeidenheid antwoorde het gevolg – party goed, ander nie. Mens kan dieselfde ten opsigte van enige ander produk doen – is melk goed vir jou, is koffie goed vir jou, is rys goed vir jou – en ’n magdom antwoorde ontvang.…
Aan My Geliefde Vriend
Om ’n brief te skryf, soos dié van die apostel Johannes aan sy vriend Gaius in die 1ste eeu, is ’n kunsvorm wat in die 21ste eeu aan die uitsterf is.
Catherine Field, ’n skrywer vir die New York Times, het gesê: “Briewe skryf tel onder die oudste van ons kunsvorme. Dink ’n mens aan briewe, dink jy aan Paulus…
Hoop In Elk Geval
Van al die artikels wat ek sedert 1988 vir Ons Daaglikse Brood geskryf het, is daar ’n paar wat ek baie goed onthou. Een so ’n artikel kom uit die middel negentig-jare toe ons drie dogters kampe en sendingreise onderneem het en ek en my sesjarige seun, Steve, dan kwaliteit tyd saam kon geniet.
Ons was op pad lughawe toe, toe…
God Se Groot Skepping
Psalm 104:12
Tydens ’n onlangse besoek aan Florida in Amerika het ons dit baie geniet om saam met ons kleinkinders en met die hulp van ’n spesiaal opgestelde web- kamera ’n arend familie dop te hou. Ons het elke dag gekyk hoedat die ma, pa en baba hulle daaglikse roetine, in hulle nes teen ’n krans hoog bokant die grond, volg.…
Onderbroke Gemeenskap
Die luide, droewige roep het die lug deurklief daardie donker middag. Ek kan my dit selfs voorstel dat dit die geluid uitgedoof het van die treurendes wat by Jesus se voete vergader het. Selfs die gekerm van die sterwende misdadigers wat weerskante van Jesus gehang het, was sekerlik vir ’n oomblik deur die roep onderbreek.
“My God, my God, waarom…
Slegs ’n Sekonde
Wetenskaplikes is nogal puntenerig oor tyd. Die kundiges van die Goddard Space Flight Center in Maryland het aan die einde van 2016 die jaar met ’n ekstra sekonde verleng. As dit dus vir jou gevoel het asof die jaar ’n bietjie langer gesloer het, is jy reg!
Waarom het hulle dit gedoen? Omdat die aarde se rotasie algaande stadiger raak,…
’n Goeie Seisoen
Vandag is lentedag in die noordelike halfrond (1 Apr.) As jy in Australië woon, is dit die eerste dag van herfs – die lente-ewening in die noordelike halfrond is die herfsewening in die suidelike halfrond. Vandag skyn die son op die ewenaar en die dag en nag is omtrent ewe lank oor die wêreld.
Nuwe seisoene is belangrik vir baie…
Onbeskaamde Lojaliteit
Sportentoesiaste hou daarvan om hulle span se lof te besing. Hulle dra logo’s, plaas boodskappe op Facebook, praat met vriende oor hul span en laat geen twyfel waar hulle lojaliteit lê nie. My eie Detroit Tigers se kepse, hemde en gesprekke wys dat ek daar is saam met die met dieselfde lojaliteite.
Ons sportlojaliteite kan ons herinner dat ons mees…
Oral en Nêrens
’n Vriendin wat, net soos ons, ’n tiener dogter in ’n motorongeluk verloor het, het ’n huldeblyk aan haar dogter, Lindsay, in die plaaslike koerant geplaas. Een van die hartroerendste beelde in haar essay het so gelees: “Nadat sy melding gemaak het van die baie foto’s en aandenkings van haar dogter wat sy in die huis geplaas het, het sy geskryf: ‘Sy is…
Dit Is Wonderlik!
In ons natuurlike toestand kort ons almal ‘dit’ (Rom. 3:23).
Jesus het die heerlikheid van ‘dit’ uitgestraal (Heb. 1:3) en hulle wat Hom geken het, het ‘dit’ gesien (Joh. 1:14).
In die Ou Testament het ‘dit’ die tabernakel gevul (Eks. 40:34-35) en die Israeliete was deur ‘dit’ gelei.
Lukas sê dit het om die skaapwagters geskyn (Luk 2:9).
Verder word…